Jakobus II van Engeland

Jakobus II en VII
Koning van Engeland, Ierland en Skotland
Koning Jakobus II deur sir Godfrey Kneller.
Koning Jakobus II deur sir Godfrey Kneller.
Huis Stuart
Regeer 6 Februarie 168511 Desember 1688
Voorganger Karel II
Opvolger Willem III & II en
Maria II
Eggenote Anne Hyde
Maria van Modena
Kinders Maria II
Anna
James FitzJames, 1ste Hertog van Berwick
Jakobus Francis Eduard, Prins van Wallis
Louisa Maria Teresa
Gebore 14 Oktober 1633; Sint James-paleis, Londen
Oorlede 16 September 1701; Saint-Germain-en-Laye, Frankryk
Vader Karel I
Moeder Henrietta Maria van Frankryk

Jakobus II en VII (Engels: James; 14 Oktober 1633 – 16 September 1701) was van 6 Februarie 1685 af koning van Engeland en Ierland as Jakobus II en koning van Skotland as Jakobus VII. Hy is die laaste Katolieke koning wat oor dié lande regeer het. Van Jakobus se onderdane was ontevrede met sy godsdienstige beleidrigtings en dit het daartoe gelei dat hy in die Glorieryke Rewolusie van die Engelse troon afgesit is nadat hy landuit gevlug het. Hy is nie deur sy Katolieke seun, Jakobus Francis Eduard, opgevolg nie, maar deur sy Protestantse dogter Maria II en sy skoonseun Willem III wat van 1689 saam regeer het as "Willem en Maria". Jakobus het daarna tot met sy dood onder die beskerming van sy neef en bondgenoot koning Lodewyk XIV in Frankryk gewoon.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search